Select Page

HARLEQUIN SEWESTOERNOOI: NETBAL EN RUGBY

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)

HARLEQUIN SEWESTOERNOOI: NETBAL EN RUGBY

Harlequin Sportklub in Pretoria nooi jou uit om aan ons tweede sewestoernooi deel te neem op 21 en 22 September 2018. Mnr. Willem Strauss en Harlequin Sportklub bied die toernooi aan.

Spanne van oor Suid-Afrika is uitgenooi en ons beoog om tot en met 8 spanne in elke rugby- en netbalkategorieë te akkommodeer. Bevestig asseblief jul deelname teen nie later nie as 12 September 2018. Inskrywing kan slegs gewaarborg word sodra geskrewe bevestiging en betaling ontvang word.

Inskrywings is gesluit.

Rugby wedstryde | Netbal wedstryde

Kategorieë

Rugby: ’n Span van sewe, met vyf reserwes en twee afrigters

  1. Universiteitskoshuise
  2. Klubs of dorpspanne
  3. Akademies 0/21

Netbal: ’n Span van sewe, met twee reserwes en twee afrigters

  1. Universiteitskoshuise, klubs, dorpspanne en sosialespanne (word op grasbane gespeel)

Spanne registreer op die Vrydag waarna die wedstryde begin. Ons sal vir julle die finale skedule stuur sodra alle deelnemende spanne bevestig het.

Elke afdeling sal R20 000 in prysgeld ontvang en die span met die beste gees sal met R5 000 wegstap.

Dit sal ’n plesier wees om julle by die Harlequin Sportklub te verwelkom en ons hoop julle sal die toernooi kan bywoon. Die toernooi beloof om ’n opwindende fees van rugby, netbal en sosiale aktiwiteite vir spanne landwyd te wees.

Vir enige navrae stuur ’n e-pos na harlequinsevens@gmail.com.